Eienskappe van ’n optimaal funksionerende spysverteringstelsel
Voorvereiste vir ’n optimaal funksionerende spysverteringstelsel
Wat kan ’n optimaal funksionerende spysverteringstelsel vernietig?
Die oorgebruik van antibiotika as ’n siektevoorkomende strategie is teenproduktief omrede:
Vereistes vir ’n gesonde duif met ’n optimaal funksionerende spysverteringstelsel
Voordele van bioworx ANIPRO Aqua (Sien ook getuigskrifte)
Die gesamentlike Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies (FAO) en Wêreld Gesondheids-Organisasie (WHO) Werksgroep definieer probiotikas as “lewendige mikro-organismes wat as dit in voldoende hoeveelhede toegedien word ’n gesondheidsvoordeel aan die gasheer bied.” (FAO/WHO, 2001).
Die bioworx probiotikas is uniek omrede die bakterie wat gebruik word spore vorm wat stabiel is onder hoë temperature, hoë galsoute en suur (lae pH) toestande. Hierdie eienskappe bied die volgende voordele:
Werking
bioworx Anipro Aqua ondersteun:
Dosis: ’n Minimum van 1 x 5g sakkie per 50 duiwe per weekop ’n deurlopende basis.
Toediening: Plaas die sakkie/s in ’n houer met 1.5 keer die daaglikse waterverbruik en maak die drinkwaterbakke daaruit
vol. Hervul die houer nadat die drinkwaterbakke gevul is. Maak die houer weekliks skoon en vervang die sakkie/s. NB Die sakkie/s moet altyd bedek wees met water. Chloor-behandelde water: Voeg bioworx DECHLOR by water om chloor te verwyder voordat sakkies daarin geplaas word.
Verpakking: 25 x 5g Sakkies
Prys: R118.37 (Insl BTW)
Werking:
Dosis: 15g per 1kg kos vir 3 tot 4 dae van die week.
Toediening:
Met water: Meng bioworx AVIANPRO deeglik met chloorvrye water (1g per 10ml water) tot ’n dun pasta en meng dan met kos.
Met olie: Meng 1kg kos met 15ml (1 x eetlepel) bioworx ENERGYOIL en voeg dan bioworx AVIANPRO by en meng deeglik.
Verpakking: 500g & 1kg
Prys:
500g: R61.56 (Insl BTW)
1kg: R113.33 (Insl BTW)
Probiotiese Drinkwaterbymiddel
Brouersgis
(Probiotika & Vitamien B12 verryk)
Werking:
Dosis:
Minimum van 10ml (1 x eetlepel) / 30 duiwe 3 keer
per week
Toediening:
Voeg olie by kos en meng deeglik.
Prys: 500ml: R183.59 (Insl BTW)
1lit: R349.44 (Insl BTW)Energieryke Plantolie (Vetsure van palmpitolie)
Gauteng
Boksburg
Cyril’s Pigeon & Pet
Northrandweg 152
Boksburg
011 918 5183
Out of Africa Lofts
Andrewsstraat 27
Libradene
Boksburg
084 200 0667
Pigeon Mecca East Rand
Winkel 15
Van Dyk Park Piazza
Olivestraat
Van Dyk Park
Boksburg
083 264 2579
Kempton Park
Kosmos Wedvlugduiwe-Klub
Judy Kukkuk 082 554 2260
Dennis McCarthy 082 830 2731
Pretoria
Martiens Snyman - Quantum Analise
17de Laan 908
Wonderboom Suid
076 735 8408
The Feather Buddy's
33ste Laan 517
Villieria
072 107 0851
Turffontein
Turf Pet Hyper
Tramwaystraat 77
Turffontein
011 434 2596 / 082 370 8609
Mpumalanga
Nelspruit
Midfeeds Nelspruit
Waterfall Laan 36
Nelspruit
013 752 7432 / 083 680 9648
Noord-Kaap
De Aar
Stoney Steenkamp / Stoney’s Slaghuis
Voortrekkerstraat 31A
De Aar
Hopetown:
Hopetown Apteek (Danie Scholtz)
Kerkstraat 27
Hopetown
Kimberley
Diamond Pigeon Stud
Georgestraat 111
Kimberley
053 831 2619
Noord-Kaap Agent
Coenraad Booyens
Bloemfontein
082 3780860
Ander areas - Direkte bestellings vanaf bioworx:
Bestelprosedure
Bestellings kan op die volgende wyses gestuur word:
- E-pos: admin@bioworx.co.za
- Faks: 086 562 5805
- WhatsApp: 082 879 4208
Na ontvangs van die bestelling sal ’n faktuur na die klant gestuur word.
’n Bestelling sal versend word na ontvangs van bewys van betaling.
NB Toon asseblief gekose afleweringsmetode aan op bestelling.
SANDHILL VETERINARY SERVICES *
Richard T. Byas B. Vet. Med., M.R.C.V.S.
14 Long Street, Topcliffe, Thirsk. YO7 3RW
Tel: 01845 578710 Fax: 01845 577685
Veterinary Care for Game Birds, Poultry and Pigeons
NEWSLETTER – PIGEON CLIENTS SPRING 2014
(Vertaling)
Die gevare indien antibiotika oorgebruik word
Antibiotika speel ’n belangrike rol in die beheer van bakteriese infeksies by duiwe, maar die oorgebruik daarvan het beide potensiële en werklike bedreigings vir ’n voël se gesondheid.
Eerste bedreiging: Die meeste mense het al gehoor van bakterië in mense wat weerstandig is teen die algemene antibiotikas beskikbaar. Dit is as gevolg van die oorgebruik van antibiotika en dieselfde kan by duiwe gebeur. Die gevolg hiervan is dat wanneer ’n voël siek word, en indien die bakterië ter sprake weerstandig geraak het a.g.v. die oorgebruik van antibiotika, dan is daar geen effektiewe behandeling meer beskikbaar vir die voël nie. Ons hoor nog gereeld van duiweboere wat antibiotika aan absoluut gesonde duiwe gee om hulle ‘skoon te maak’ en ook van ander wat antibiotika op ’n gereelde basis gedurende die wedvlugseisoen toedien. Sulke praktyke mag blykbaar korttermyn voordele inhou, maar elke dosis antibiotika laat bakterië agter wat weerstandig is teen die betrokke antibiotika. Hierdie bakterië gaan mettertyd die dominante bakterië in die voël word en dan het die antibiotika geen effek meer nie. Antibiotika moet slegs gebruik word onder veeartstoesig met spesifieke antibiotika vir spesifieke toestande.
Tweede bedreiging: Die gebruik van breë spektrum antibiotika soos Enrofloxacin (e.g. Baytril® of Spectron ®). Breë spektrum antibiotika speel ’n belangrike rol om siektes te beveg wanneer dit onder ’n veearts se toesig plaasvind, maar hulle voortdurende gebruik gee aanleiding tot die vernietiging van baie van die ‘goeie bakterië in die liggaam en dan word hulle plek ingeneem deur minder voordelige bakterië. Dit kan aanleiding gee tot diarree wat moeilik is om te beheer en voël se algehele prestasie ly daaronder . Ons het baie gevalle gehad waar ’n voël se prestasie verbeter het sodra die oormatige gebruik van antibiotika afgeneem het.
Een van die faktore wat aanleiding gee tot die ontwikkeling van Candidiasis (gis in die krop) is die langdurige gebruik van antibiotika wat die normale bakterië, wat die gis onder beheer hou deur mededinging vir voedingstowwe, te onderdruk. Die twee mees algemene faktore wat mag aanleiding gee tot Candidiasis is vuil, onhigiëne toestande en die oorgebruik van antibiotikas. Dit is daarom in die meeste gevalle ’n gevolg swak bestuur wat die duiwe kan verswak.
* Oorspronklike nuusbrief: //www.sandhillvet.co.uk/pdf/pigeons/PIGEON_NEWSLETTER_Spring_2014.pdf
Getuigskrif 1
15-10-2014
(Opgedateer Desember 2015)
Ons hoor gereeld van nuwe wondermiddels vir duiwe en wanneer iemand jou bel en vra om so ’n produk te toets is ’n mens egter huiwerig. Toe Hennie Kriel van bioworx my bel met so ’n versoek was ek skepties, maar toe hy die woorde ‘natuurlike produk’ gebruik, was my belangstelling geprikkel.
Ek glo dat duiwe so natuurlik moontlik gevlieg, gebroei, ens. moet word. Ek het ’n kleintjie dood aan die oorgebruik van medisyne. Met 2 maande se wedvlugte oor het Hennie vir my die volgende 3 netjies verpakte produkte gestuur en gevra dat ek dit moet gebruik en vir hom terugvoering gee, naamlik:
bioworx ANIPRO Aqua: 25 x 5g ‘teesakkies’ wat twee probiotikas bevat wat jy in die drinkwater van die duiwe plaas. Slegs een sakkie per 50 duiwe per week.
bioworx AVIANPRO: 1kg Brouersgis verryk met Vitamine B12 en twee probiotikas.
bioworx ENERGY OIL: 1 x 500g Hoë energie-olie.
Ek onmiddellik die produkte begin gebruik en vannaf die eerste naweek kon ek reeds ’n verbetering sien. Geen ander produkte is oor die volgende 8 weke gebruik nie en die volgende is opgemerk:
Algemene gesondheid van die duiwe – puik!
Veerkwaliteit van die duiwe verbeter noemenswaardig.
“Returns” uitstekend.
In 8 weke se tyd slegs een duif verloor.
Duiwe presteer baie beter in klub.
Kuikens puik kondisie in nes.
Geen kanker- of asemhalingbehandelings nodig nie, selfs in baie warm weer.
Hierdie puik, bekostigbare, natuurlike produkte sal die gemiddelede grootte duiweboer slegs ongeveer R1 800 ’n jaar kos, maar jy sal meer as dit spaar op medisyne a.g.v. gesonder duiwe in die hok. Dankie Hennie, jy’s werklik ’n duiwevriend duisend!
Die mense wat die veiling van ons De Aar enkelhok bygewoon het, het gesê dat die duiwe in ’n fantastiese kondisie is. Die veerkwaliteit is pragtig en die duiwe lyk en voel gesond. Dit is volgens my die beste getuigskrif wat ons kon kry. Baie dankie bioworx.
Groete.
Arthur Strydom
Fisies:
Dekgrasweg 429
Silvertondale
Pretoria
0184
Pos:
Posbus 2608
Brooklyn SquareTel: 012 347 8888
Faks: 086 562 5805
Sel: 082 879 4208
E-pos:
info@bioworx.co.za
Webwerf:
www.bioworx-pigeon.co.za
" Ek het gesukkel met siektes in my hok en het begin om bioworx se produkte te gebruik. My duiwe was nog nooit so mooi en gesond nie. Ek beveel dit aan vir enige duiweteler "
Hennie Swart –
Klerksdorp
(083 661 3048)
" Gedurende die 2014 vliegseisoen is geen ander produkte soos vitamines, antibiotikas, gesondheids- of ontwurmingsmiddels gebruik nie. Slegs bioworx ANIPRO Aqua P was gebruik. Al klink dit onmoontlik was die algemene gesondheid van die hok van so 'n aard dat ek nooit siek duiwe opgemerk het nie. Vanaf 15 Mei tot op datum was dit nie nodig om enige medisyne aan my duiwe te gee nie. Die duiwe is slegs die nodige inenting toegedien soos vereis deur die NOK Unie. Daar was ook ’n duidelike verbetering in prestasie opgemerk "
Johan van Rijswijk - Burgersdorp (083 410 7753)
" Behalwe vir inentings gebruik ek sedert 2014 slegs bioworx se produkte en word die volgende ervaar:
· Algemene gesondheid van duiwe is puik!
· Veerkwaliteit van duiwe verbeter noemenswaardig.
· “Returns” uitstekend.
· Duiwe presteer baie beter.
· Kuikens in ’n puik kondisie.
· Geen kanker- of asemhalingbehandelings nodig nie, selfs nie in baie warm weer "
Arthur Strydom – De Aar (083 272 6147)
Dit versnel die tempo waarteen die patogene organismes weerstandig raak teen die beskikbare antiobiotikas, en
Dit vernietig die goeie bakterië in die spysverteringstelsel wat tot gevolg het dat immuniteit verlaag en die vertering van voedsel en die opname van voedingstowwe nadelig beïnvloed word.
Sien die artikel hieronder oor die gevare van die oorgebruik van antibiotika.
Getuigskrif 2
30/10/14
Algemene Gesonheid
My duiwe was op ’n intensiewe gesondheidsprogram wat volgehou moes word tot aan die einde van die vliegseisoen. So ’n program vereis gewoonlik deeglike bestuur om die regte resultate te verkry. Dit behels ’n kas vol medikasie wat elk op ’n spesifieke tyd vir ’n sekere tydsduur gegee moet word. So`n program is tot die 2013 seisoen gebruik.
Aan die begin van die 2014 seisoen het ek met bioworx ANIPRO Aqua P kennis gemaak. Die produk wat ek gebruik het was ’n los poeier (nou beskikbaar in ’n waterdeurlaatbare sakkie) wat 3 keer per week by die drinkwater gevoeg is. Ek het elke Maandag, Woensdag en Vrydag die water bakke gewas en 5g bioworx ANIPRO Aqua P poeier per 2liter water toegedien. Die res van die week is die water net aangevul.
NB Gedurende die 2014 vliegseisoen is geen ander produkte soos vitamines, antibiotikas, gesondheids- of ontwurmingsmiddels gebruik nie. Slegs bioworx ANIPRO Aqua P was gebruik. Al klink dit onmoontlik was die algemene gesondheid van die hok van so aard dat ek nooit siek duiwe opgemerk het nie. Vanaf 15 Mei tot op datum was dit nie nodig om enige medisyne aan my duiwe te gee nie. Die duiwe is slegs die nodige inenting toegedien soos vereis deur die NOK Unie. Daar was ook ’n duidelike verbetering in prestasie opgemerk.
Ek kan hierdie produk met vrymoedigheid aanbeveel.
Groete
Johan van Rijswijk
Dag: 083 410 7753
Na-ure: 071 658 2832
Getuigskrif 3
16/03/15 (Opgedateer 28/12/15)
Vandat ek bioworx ANIPRO Aqua P gebruik is daar elke nou en dan iets wat my verras. Sedert 15 Mei 2014 gebruik ek SLEGS hierdie produk vir my wedvlugduiwe. My duiwe het gewoonlik in die laat somer en herfs baie probleme gehad met kanker. Nou is dit egter maklik om die duiwe gesond te hou. Ek gebruik net bioworx ANIPRO Aqua P.
Die volgende het my ook baie beïndruk van bioworx ANIPRO Aqua P:
Verlore duif:
Die begin van Mei 2014 het ek ’n duif teruggekry wat ek in die 2013 seisoen verloor het. Hy het swak gevlieg en het duidelik siektes onder lede gehad. Ek het die duif eenkant gesit en gedink om maar van hom ontlae te raak. Middel Mei, voordat ek bioworx ANIPRO Aqua P begin gebruik het, het ek egter besluit om hom op ’n kort tos van 15km te sit saam met ’n klomp jong duifies, maar toe was hy weg vir 2 weke. Toe hy uitendelik weer by die hok terugkom het hy by die ander duiwe ingeskakel en was toe vir die eerste keer blootgestel aan bioworx ANIPRO Aqua P. Ek het hom toe vir 2 weke om die hok ge-oefen en weer saam met dieselfde jong duiwe op ’n 60km tos gestuur, maar hierdie keer was hy op dieselfde dag terug by die hok. Van daar af het die duif saam met die jong duiwe bly oefen tot op De Aar waar ek my jong duiwe weekliks los - so 200km van my hok. Hy was die eerste keer laat, maar van daar af was hy binne tyd by die huis. Die verbetering van die duif was verbasend. Die duif se gesondheid is nou baie goed en met baie goeie veerkwaliteit.
Gedurende die 2015 seisoen het hierdie duif al die wedvlugte waaraan hy deelgeneem het voltooi, waarvan die verste vanaf Ellisras was. Dit is ’n wonderwork gegewe sy prestasie in die verlede, voordat hy bioworx ANIPRO Aqua P begin gebruik het, en hy gaan weer die komende wedrenseisoen delneem.
Hen wat nie eiers lê:
NB Die broeiduiwe het aanvanklik vir twee redes nie bioworx ANIPRO Aqua P ontvang nie, naamlik:
omdat ek nog die medikasie moes opgebruik wat ek gekoop het, en om ’n kontrole te hê.
Ek het ’n jong hen wat ek nie kon kry om te lê nie. Na verskeie onsuksesvolle paringspogings is sy in die vlieghok geplaas om maar weer aan wedvlugte deel te neem. Sy is toe vir die eerste keer aan bioworx ANIPRO Aqua P blootgestel en het binne 21dae saam met een van die vliegmannetjies haar eerste eiers in 3 jaar gelê! Sy is nie toegelaat om te broei nie en is nog steeds in die vlieghok, maar het nou al weer twee keer nes gemaak en gelê – 6 eiers in 2 maande teenoor geen eier in 3 jaar! Is dit bioworx ANIPRO Aqua P of net ’n hardkoppige hen wat weer in die vlieghok wou kom? Toe sy egter weer 2 eiers lê het ek haar toegelaat om hulle uit te broei. Ek het intussen die hen, met bioworx ANIPRO Aqua P, aan ’n jong seun geskenk wat sy eie wedvlugduiwe wil teel.
Groete
Johan van Rijswijk
Dag: 083 410 7753 / Na-ure: 071 658 2832
Getuigskrif 4
24/06/15
Gedurende Maart het ek bioworx se duiwereeks bestel.
Ek het gesukkel met siektes in my hok en het begin om die bioworx produkte te gebruik.
My duiwe was nog nooit so mooi en gesond nie. Ek beveel dit aan vir enige duiweboer.
Groete.
Hennie Swart
Besigheids Ontwikkelings Bestuurder
Korporatief- Landbou en Kommersieel
_____________________________________________________________________________________
Grond Vloer | Senwes Gebou | 1 Charl de Klerk Straat | Klerksdorp | 2570
Tel: (018) 464 7734 | Faks: (011) 632 3663|
Webblaai: //www.wesbank.co.za
Sien ook:
The Probiotic "Health Dividend"
//www.racingpigeonmall.com/loft/products/probiotic-dividend-ebook.pdf
Helping the Immune System Do it! (Part 1):
//www.racingpigeonmall.com/loft/articles/immune-modulators.html
Pryse sluit afleweringsfooie uit
bioworx ANIPRO Aqua - 25 x 5g sakkies:
Kleinhandelprys R118.37
bioworx ANIPRO Aqua P - 500g:
Kleinhandelprys R157.55
bioworx DECHLOR - 500g:
Kleinhandelprys R282.96
bioworx AVIANPRO - 500g:
Kleinhandelprys R61.56
bioworx AVIANPRO - 1kg:
Kleinhandelprys R113.33
bioworx BIOFUEL - 1kg:
Kleinhandelprys R127.10
bioworx DETOX - 750g:
Kleinhandelprys R116.01
bioworx ENERGYOIL - 500ml:
Kleinhandelprys R183.59
bioworx ENERGYOIL - 1lit:
Kleinhandelprys R349.44
Afleweringsfooie
(BTW en versekering tot die waarde van R1 000 ingesluit. Afleweringsfooie is onderhewig aan verandering gebasseer op die huidige brandstofprys.)
Groter Gauteng*
Oornag:
• 0 – 30kg (1 Pak) R75.00
Ander Hoofsentra**
Oornag tot 2 dae:
•
0 – ±4kg R75.00
Padvrag (1 – 3 dae):
• 0 – 15kg R115.00
•
16 – 25kg R175.00
Dorpe
Oornag:
•
0 – 2kg R100.00
Padvrag (1 – 3 dae):
•
0 – 15kg R115.00
•
16 – 25kg R175.00
* Groter
Gauteng: Gauteng plus Brits, Klerksdorp, Parys, Potchefstroom, Rustenburg en Sasolburg.
** Ander Hoofsentra: Bloemfontein, Durban, George,
Kaapstad, Nelspruit,
Oos-Londen, Pietermaritzburg,
Polokwane, Port Elizabeth, Richardsbaai, Welkom.
Poskantoor (Gewone Pos)
• 0 - 1k R48.75
• R per kg daarna
R6.56
Postnet (1-4 dae)
• 0 - 5kg R99.00
•
R per kg daarna
R20.00
Werking:
Dosis: 15g per 1kg kos.
Toediening:
Verpakking: 1kg
Prys: R127.10 (Insl BTW)
Energieversterker
Nie-wedvlugseisoen (Broei & Verveer):
Aanbevole:
- Permanent in die drinkwater.
- Oggend & aand: 3 tot 4 Dae van die week byvoorbeeld Sondag, Dinsdag, Donderdag & Saterdag OF Maandag, Woensdag, Vrydag & Sondag.
- Kan toegedien word tot die kos met bioworx ENERGYOIL of met water.
- Oggend & aand: Vir ten minste 3 dae van die week saam met bioworx AVIANPRO of bioworx BIOFUEL of alleen.
- Moet toegedien word tot die kos.
-
Voeg by chloor-behandelde water om chloor te neutraliseer.
-
Was en behandel alle kos op 'n permanente basis.
- Oggend & aand: Een dag van die week vir ekstra energie.
- Dien toe tot die kos met bioworx ENERGYOIL.
Wedvlugseisoen:
- Permanent in die drinkwater.
- Oggend & aand: Saterdag na die wedvlug en 3 tot 4 dae van die week, naamlik Sondag, Maandag, Dinsdag & Woensdag.
- Kan toegedien word tot die kos met bioworx ENERGYOIL of met water.
- Laaste 3 etes voor mandjie
- Eerste dag na wedvlog
- Moet toegedien word tot die kos met bioworx ENERGYOIL of saam met bioworx AVIANPRO.
- Oggend & aand: Vir ten minste 3 dae van die week saam met bioworx AVIANPRO of bioworx BIOFUEL of alleen.
-
Moet toegedien word tot die kos.
-
Voeg by chloor-behandelde water om chloor te neutraliseer.
-
Was en behandel alle kos op 'n permanente basis.
Riglyne vir Gesondheidsbestuur
NB Die probiotika in bioworx ANIPRO Aqua, Aqua P en bioworx AVIANPRO ondersteun die effektiewe opname van voedingstowwe en aktiewe bestanddele en mag daarom die effektiwiteit van medikasie verhoog.
“ Sedert September 2015 gebruik ek bioworx ANIPRO
Aqua op ʼn 24uur, 7 dae per week basis in my duiwe se drinkwater met net goeie resultate. Ek doen die verpligte virusinentings en 3 voorkomende kanker-behandelings per jaar. Verder word duiwe slegs behandel indien daar ʼn probleem voorkom. In
die verlede was dit nie so eenvoudig nie. Daar was gedurig een of ander probleem/siekte onder die duiwe waarvoor behandel moes word, maar vandat ek bioworx ANIPRO Aqua gebruik het die duiwesport ʼn
plesier geword omdat siek duiwe selde of nooit meer voorkom nie. "
Johan Smalberger – Tweeling (082 648 9773)
(2016 Kampioen: Noord-Oos Vrystaat Posduif Federasie)
Oos-Kaap
Despatch
Die Kraaines Pet Warehouse
Hoofstraat 63
Despatch
073 357 7147
Vrystaat
Bloemfontein (Vrystaat Agent)
Coenraad Booyens
Bloemfontein
082 378 0860
Wes-Kaap
Durbanweg 168
Mosselbaai
Gillroy Duiweprodukte (Faunty Gillmer)
Ovinasingel 48E
Danabaai
044 698 1398 / 083 455 2052
Somerset Wes
BPPD (Belgium Pigeon Product Distributors)
St Jamesstraat 24
Somerset Wes
021 851 1326 / 084 512 6826
Wellington
Wellington Pet Shop
Hoofweg 72
Wellington
021 864 2364
Die onderstaande program vir die toedien van die bioworx-produkte moet toegepas word binne die raamwerk van die Riglyne vir Gesondheidsbestuur hieronder.
Werking
bioworx Anipro Aqua P ondersteun:
Dosis: 1 x Gelykvol maatlepel (±3.5g) per 2lit drinkwater.
Toediening: Voeg by drinkwater en roer deeglik. Chloor-behandelde water: Voeg bioworx DECHLOR by om chloor te verwyder voordat poeier daarin gemeng word.
Verpakking: 500g
Prys: R157.55 (Insl BTW)
Probiotiese Drinkwaterbymiddel
Werking
Wateroplosbare voedselgraad chloor-neutraliseerder
Getuigskrif 5
15-12-2016
“Ek gebruik die laaste 15 maande bioworx ANIPRO Aqua op ʼn 24uur, 7 dae per week basis in my duiwe se drinkwater met net goeie resultate.
Ek doen die verpligte virusinentings en 3 voorkomende kanker-behandelings per jaar. Verder word duiwe slegs behandel indien daar ʼn probleem voorkom. In die verlede was dit nie so eenvoudig nie. Daar was gedurig een of ander probleem/siekte onder die duiwe waarvoor behandel moes word, maar vandat ek bioworx ANIPRO Aqua gebruik het die duiwesport ʼn plesier geword omdat siek duiwe selde of nooit meer voorkom nie.
Volgens my ervaring is daar ʼn paar belangrike faktore wat bydrae tot goeie prestasies, naamlik:
1. Goeie duiwe
2. Effektiewe hokbestuur
3. Kwaliteit gebalanseerde voedingsprogram
4. Virusinentings (paramyxovirus)
5. Goeie oefenprogram
6. So min as moontlik antibiotika
7. bioworx ANIPRO Aqua
Ek het met verskeie duiweboere in my federasie gepraat wat ook bioworx ANIPRO Aqua gebruik, naamlik Riaan Cronje van Skywatch Lofts , Willem Muller van Spartan Pigeons en Bernard Davel van Desert Queen Racing Pigeons. Almal praat met groot lof van die produk en getuig dat dit net positiewe verandering in hulle duiwe se gesondheid meegebring het. Bernard het my meegedeel dat sy bioworx ANIPRO Aqua opgeraak het en dat hy vir ʼn tydperk dit nie gebruik het nie. Sy probleme met siek duiwe het toe weer begin kop uitsteek Nadat hy egter weer bioworx ANIPRO Aqua begin toedien het, het was die probleem met siek duiwe iets van die verlede.
Ten slotte wil ek net beklemtoon dat vandat ek en my duiwevriende, soos hierbo na verwys, bioworx ANIPRO Aqua op ‘n gereelde basis gebruik die vlieg en teel van duiwe net baie makliker geword het.
Johan Smalberger – Tweeling (082 648 9773)
(2016 Kampioen: Noord-Oos Vrystaat Posduif Federasie)
Getuigskrif 6
29/01/2017
–
Plasing op Duiwehoekie Facebook-blad
bioworx ANIPRO Aqua. Beste wat ek ooit gebruik het. Nou ’n jaar in gebruik. Duiwe in top kondisie. Puik verveer en ken nie meer siek duiwe nie. Het ook puik veerkwaliteit.
Lourens
Muller – Bloemfontein (076 570 3289)
(2016 SA Jongduifkampioen: SAFPA)
Getuigskrif 7
17/02/17
Die 2015 seisoen het vir my baie rampspoedig verloop. Nadat ek in die eerste drie wedvlugte (Warrenton I en II asook Vryburg) 19 jongduiwe verloor het, het ek nie meer geweet waar die fout kon lê nie en was my eerste gedagte dat dit die bioworx ANIPRO Aqua was wat ek toe vir die eerste keer gebruik het. Ek het die gebruik daarvan gestaak, net ouduiwe verder op die noordpad gevlieg en die sport weer geniet. Op die suidpad het ek begin om my jongduiwe weer op wedvlugte te stuur en dit het relatief goed gegaan. My afleiding was dat dit bioworx ANIPRO Aqua se “skuld” was dat dit so sleg gegaan het. Inteendeel, ek het ook in Februarie 2016 my daaroor uitgespreek in die teenwoordigheid van Arthur Strydom van De Aar, met die woorde dat as daar iemand is wat die “goed” wil gebruik, ek het nog heelwat wat by my huis ongebruik lê. Gelukkig het Arthur dit vir Hennie Kriel genoem en na ʼn stormagtige telefoongesprek of twee het hy my oortuig om die produk weer te probeer.
Omdat ek nie met sekerheid kon sê wat die rede vir 2015 se rampspoed was nie, het ek besluit (dalk om Hennie Kriel verkeerd te bewys) om regtig geen ander middels te gebruik nie as nét bioworx ANIPRO Aqua nie. Op ʼn stadium het ek begin twyfel en het ek by Hennie Kriel navraag gedoen oor die moontlike voorkomende gebruik van antibiotika. Hy het my oortuig om nie daarmee voort te gaan nie. Ek het egter steeds elke vier weke ʼn middel vir ontwurming gebruik.
Afgesien dus van inenting teen Pokke en Paramyxo gedurende Februarie/Maart en laasgenoemde weer in Mei, asook ontwurming, het ek verder net bioworx ANIPRO Aqua gebruik. Die res is geskiedenis. Toe ek uiteindelik die seisoen afsluit, die deure toetrek en al my duiwe en hokke vir twee nuwe duiweboere gee omrede ek aftree, was ek die 2016 Klub- asook Federasiekampioen. Dit bewys dat my duiwe baie goed is en bioworx ANIPRO Aqua hulle só gesond gehou het dat hulle net beter was as die ander.
Ds M P Fourie – Aliwal Noord (084 633 2117)
2016 Kampioen: Stormberg Wedvlugfederasie
(Ds Fourie is nou woonagtig in Upington)
Getuigskrif 8
09/03/17
Ek wil vir Hennie Kriel en bioworx weereens dankie sê vir puik produkte. Ek het so 2 maande terug my jongduifhok klaargemaak en besluit om die duiwe in hierdie hok nie van bioworx se produkte te gee nie, maar ’n ander produk wat hoogs aanbeveel word. Ek ondervind egter heeltyd probleme met die duiwe in hierdie hok. As dit nie los mis is nie dan is dit groen mis en die duiwe is permanent olik. Die duiwe in die ander hokke wat wel bioworx se produkte kry lyk vol energie, is gesond en verveer pragtig. Ek is nou moeg vir die siek duiwe in die nuwe hok. Van vandag af is hulle ook op bioworx se produkte!
Chris Wheeler – Pretoria (082 452 7422)
Getuigskrif 9
25/09/17
Ek het in jare nie sulke gesonde babas geteel soos in 2016 nie. My duiwe het hierdie jaar (2017) baie goed presteer en ek skryf dit grootliks toe aan bioworx. My vliegspan was ook die gesondste in jare. Baie dankie vir ’n puik produk.
Johan Schlebusch – Potchefstroom
2017 Kampioen: Westelike Posduif Unie (WPU) (082 800 5722)
Getuigskrif 10
26/10/17
Ek gebruik sedert Februarie 2017 die volle reeks bioworx produkte. Ek eindig 2de in die Wes Boland Unie en wen die Wes-Kaap ‘Combine’. Dit is nie net my beste jaar ooit nie, maar ook my goedkoopste jaar ooit.
Frits Meintjes – Malmesbury (083 407 7743)
Mikotoksien-bindende saadbehandeling